Hipnose

Hypnotic Séance (1887) deur Richard Bergh

Hipnose is 'n psigo-fisiologiese toestand wat 'n hipnotiseur met behulp van 'n bepaalde tegniek in 'n gewillige pasiënt of proefpersoon kan teweegbring. Dit is 'n toestand wat soortgelyk aan slaap of 'n beswyming skyn te wees, maar waartydens die gehipnotiseerde persoon tekens van uiters verhoogde konsentrasie en vatbaarheid vir die hipnotiseur se suggesties toon. Die gehipnotiseerde persoon is, in opdrag van die hipnotiseur, in staat tot optrede en reaksies wat hy normaalweg nie kan vermag nie. Die woord hipnose is in 1843 deur 'n Engelse geneesheer, James Braid, geskep. Hy het dit van die Griekse woord hypnos, wat "slaap" beteken, afgelei. Vandag word besef dat hierdie afleiding misleidend is, aangesien daar op wetenskaplike wyse bepaal is dat slaap en hipnose twee heeltemal verskillende toestande is. Hipnose word 'n geruime tyd al as hulpmiddel by die mediese en sosiale wetenskappe aangewend en word oral as 'n nuttige tegniek aanvaar. Daar is geen magiese of ander buitengewone vermoëns nodig om hipnose te beoefen nie. Enige persoon met die nodige kennis van die tegniek kan iemand hipnotiseer, maar dit behoort slegs deur opgeleide professionele persone beoefen te word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search